SHOWING ARTICLE 4 OF 66

Buh-Rein Retirement Village in Die Burger

Category News

Kopers van 50 jaar en ouer kan nou in 'n nuwe aftreeoord in die noordelike voorstede van Kaapstad belê. Sodra dit voltooi is, sal die Buh-Rein Retirement Village uit 461 een- en tweeslaapkamerwoonstelle in geboue in geboue met drie verdiepings elk bestaan.

Dié gebou sal ook rolstoelvriendelike hysbakke hê. Die oord is geleë in die bekroonde Buh-Rein Estate.

Die woongebied bied pragtige uitsigteen en maklike toegang tot al die hoofroetes in die omgewing asook die CapeGate-inkopiesentrum en MediClinic.

Die aftreeoord beslaan ongeveer 5,3 h. Die woonstelle is verdeel 68 bystandsorgeenhede en 393 woonstelle vir inwoners wat onafhanklik wil woon. Vir hul gerief word die geboue met hysbakke toegerus.

Benewens die woonstelle, word 'n sorgsentrum ook in die oord gebou. Die sentrum sal deur Medwell SA bestuur word en onderskeidelik verswaktesorg en sorg aan demensielyers bied. Daar sal tien kamers vir elkeen van dié toestande in die sorgsentrum ingerig word, dus 20 kamers in totaal.

Die oord gaan sy eie klubhuis hê met onder meer twee restaurante, 'n binnenshuise verhitte swembad, leefstylsentrum, haarkapper en skoonheidterapeut, gimnasium, 'n deli en biblioteek met internettoegang.

Daar sal ook 'n mooi binnehof met genoeg sitplek ingerig word, sowel as 'n lapa met 'n binne- en buitebraaiplek.

'n Lokaal waar geleenthede gehou kan word en wat 500 mense kan huisves, word ook ingerig.

Kopers wat in die bystandsorgeenhede belê, sal weekliks toegang hê tot primêre gesondheidsorgdienste, vyf dae se gratis sorg per jaar in die sorgsentrum vir inwoners wat byvoorbeeld van 'n operasie moet herstel, die heeltydse Call4Care-nooddienssentrum, en 15% afslag op permananente verblyf in die sorgsentrum.

Van die ander dienste sluit in 'n skoonmaak en wasgoeddiens, sowel as 16 hoofmaaltye per maand by die restaurant in die klubhuis.

Diegene wat in onafhanklike leefstyle eenhede belê, sal toegang hê tot al die bogenoemde dienste - buite die wasgoed- en skoonmaakdienste wat opsioneel ekstra sal wees.

Mooi tuine en groen ruimtes, sowel as 'n groente- en kruietuin, sal ook vir die oord se inwoners aangelê word.

Die ontwikkelaar is MSP Developments. Feedem sal vir die skoonmaak- en spyseniersdienste in die oord verantwoordelik wees. Die sekerheidsmaatskappy Phangela beveilig die hele woongebied.

Pryse van die bystandeenhede begin by R819 900 vir 'n woonstel met een slaapkamer en 'n badkamer.

Vir meer inligting skakel gerus 087 802 9005 of stuur e-pos aan sales@msp.property.

Besoek ook die webwerf by buhreinretirement.co.za indien jy meer oor die Buh-Rein Retirement Village en sy dienste wil uitvind.

Author: Die Burger Saterdag - Eiendomme

Submitted 14 Jan 19 / Views 339