SHOWING ARTICLE 1 OF 66

Aftreeoord bied meer as net gehalteverblyf

Category News

Die bekroonde Buh-Rein-landgoed, geleë in die noordelike voorstede van Kaapstad, maak nou voorsiening vir die volle spektrum van die mark en kan beskou word as 'n ware multi-generasie-landgoed. Hierdie 87 ha-landgoed bied 'n veelvoudige sportveld, familierestaurant, fietsry- en drafpaaie, buiteluggimnasium sowel as toekomstige geriefsentrum met Checkers as ankerhuurder. Beveiliging is altyd teenwoordig om die leefstyl te geniet wat jy verdien.

Die Buh-Rein-aftreeoord, geleë in die groter Buh-Rein-landgoed, is in November 2018 bekendgestel en meer as die helfte van die eerste fase is sedertien reeds uitverkoop.

Die oord bestaan nie net uit ondersteunde en onofhanklike wonnstelle nie, maar ook uit 'n sorgsentrum wat na verswakte bejaardes sowel as dié met geheuesiektes soos demensie omsien. Medwell SA sal in beheer wees van die sorgsentrum sowel as alle mediese dienste in die oord.

Die oord bied 'n totaal van 461 deeltitelwoonstelle met die opsie van een of twee slaapkamers. Die prys van dié woonstelle beloop vanaf R819 900.

Dié woonstelle het ook elk een badkamer met een of twee slaapkamers asook onderdakparkering.

Die hele oord is rolstoelvriendelik met gerieflike hysbaktoegang op alle verdiepings.

Wat hierdie oord egter nog meer besonders maak, is die verskeidenheid geriewe waarvan inwoners gebruik kan maak, soos 'n pendeldiens wat gereelde uitstappies sal verseker. Daar sal ook 'n leefstylsentrum wees met twee restaurante, 'n deli, biblioteek, gimnasium, plek waar stokperdjies beoefen kan word, 'n salon, verhitte binnenshuise swembad sowel as braaigeriewe binne en buite vir daardie spesiale dae! 'n Rolbalbaan is ingesluit en vir afgetredenes met "groen vingers" sal daar 'n kruie- en groentetuin wees vir daardie broodnodige sosiale interaksie.

Hierdie geriewe onderskei Buh-Rein-aftreeoord van die meerderheid ander aftreedorpe in Suid-Afrika. Daar is tans net een ander oord wat ook van hierdie jongste tendense en tegnieke gebruik maak.

Vir meer inligting skakel gerus 087 802 9005 of stuur e-pos aan sales@msp.property. Besoek ook buhreinretirement.co.za indien jy meer oor Buh-Rein-aftreeoord en sy dienste wil uitvind.

Author: Die Burger - Saterdag Eiendomme

Submitted 18 Feb 19 / Views 220